Wednesday, 02 April 2008

Huispryse beleef 1 ste daling in 8 jaar

Elma Kloppers, Johannesburg BEELD 2 APRIL 2008
Suid-Afrika se mediaan¬huisprys het vir die eerste keer in agt jaar geval nadat hoër rentekoerse en die Na¬sionale Kredietwet die bekostigbaarheid van huisvesting merkbaar laat af¬neem het.

In Maart het die mediaanhuisprys met 5,2% op 'n jaargrondslag gedaal, nadat dit sedert Desember op 0% groei op 'n jaargrondslag gestagneer het, volgens Standard Bank se nuutste mediaan-huisprysindeks.
Dit beteken dat die mediaanhuisprys van R550 000 in Maart, 5,2% laer was as die R580 000 van Maart verlede jaar. Die mediaanhuisprys is die prys waar die helfte van die huise goedkoper is en die helfte duurder.
Mnr. Sizwe Nxedlana, eiendomsekonoom van Stan¬dard Bank, sê die mediaanhuisprysindeks is 'n maat¬staf wat neigings in huisprysgroei op 'n saamgesteldé vlak meet. Daar moet dus in gedagte géhou word dat nie alle huispryse daal nie. maar dat daar nog sterk punte in sekere gebiede kan wees waar huispryse steeds groei.
Hy skryf die afname in huisprysgroei grootliks toe aan die skerp daling in transaksie-volumes in die verbandmark, wat weerspieël dat die bekostigbaarheid van huise merkbaar afgeneem het sedert die tweede kwartaal verlede jaar.
Volgens Reserwebankdata het nuwe verbandlenings en tweede verbandlenings vir' residensiële eiendom van 'n hoogtepunt van net onder R40 miljard in Mei tot R20 miljard gehalveer in Desember.
Nxedlana sê die groei in nuwe verbande en tweede verbandlenings het van jaarlikse gemiddelde groei van 26,7% in 2006 afgeneem tot 'n skamele 6,3% in 2007.
Hy sê daar is 'n noue korrelasie tussen die groei in huispryse en die groei in be¬steebare inkomste. "Tussen 2004 en 2006 is die verhouding tussen die twee skeef¬getrek deurdat huispryse beduidend vinniger gegroei het as besteebare inkomste, wat daarop sinspeel dat huisprysgroei weggehardloop het van die huismark se onderliggende grondbeginsels.
Hy sê Standard Bank meen dat die skerp afwaartse neiging in die mediaan-huisprys 'n aanduiding is van 'n gesonde reg-stelling in die pryse van residensiële eiendom.
Absa maak later die week sy huisprysindeks bekend. Absa meet die gemiddelde huisprys in die middelsegment van die mark.

No comments: